Lyrics
Sannie het gesukkel om n "s" te sê
Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê
Maar sannie het besluit om n plan te maak
En eendag loop sy hierdie lekker rympie raak
En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar
Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar sowaar
Sannie het geoefen en haar bes probeer
En eendag slaan daar werklik nog n klankie deur
Sy hardloop na haar mammie en die luister vies
Want sannie druk haar tongtjie nou vas in haar kies
En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar
Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar sowaar
Juffrou het geweet wat die beste sal wees
Om spraaklesse te neem sal die kwaal genees
Gou het sy geleer om soos n slang te maak
Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehak
En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar
Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar sowaar
Sannie is nou groot en het n kêrel gekry
Sannie het gewoeker met die soenery
Die liefde is blind of is dit dalk nie
Vir sannie was die liefde net die regte terapie
En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar
Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep
Sewe sakke sout is swaar sowaar
Sannie is getroud en was in haar skik
Die kinners is gebore uit die huwelik
Maar toe die kinders praat was haar hart so seer
Want oor en oor moet sy die rympie leer
Want sarel sê sarel sal sewe sakke sout sleep
Gustav sê gustav sal sewe sakke sout sleep
Stephan sê stephan sal sewe sakke sout sleep
Die hele dag lank hoor sy net "s"...sh..."s"
Sarel sê sarel sal sewe sakke sout sleep
Gustav sê gustav sal sewe sakke sout sleep
Stephan sê stephan sal sewe sakke sout sleep
Die hele dag lank hoor sy ney "s"...sh..."s"
Lyrics powered by www.musixmatch.com