Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Zak Van Niekerk
Zak Van Niekerk
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Ben Beukes
Ben Beukes
Songwriter

Lyrics

By die sinkdam naby Aggenhuis Het ek die voete gekielie, van 'n mooi Patrys Haar rok het gelyk soos 'n saal gordyn Aan haar hand, was daar 'n rooi robyn Haar pa het 'n jakkals aan sy stert gevang Met 'n ys teken, en 'n plaas draadtang Hy loop al krom, soos 'n boemerang En hy was nog nooit vir die ouvrou bang As die son loop lê op sy ander plek Sit die mooi Patrys op die uitkykhek En ek zoem om ha' soos 'n heuningby Ag man, dis lekker om so te kry ... Haar ma het gekook in die groen kombuis En haar voorskoot lyk soos 'n blom paradys Langs die meelblik lê daar 'n strepiesmuis Sy't hom doodgeslaan met haar eie vuis Langs die hout hoop lê ou Bokkerol Hy lyk na hond, ma' sy maag is vol Tussen sy oë sit 'n spierwit kol Sy ribbes wys, en sy rug is hol As die son loop lê op sy ander plek Sit mooi Patrys op die uitkykhek Ek zoem om ha' nes 'n heuningby Man, dis lekker om so te kry ... Een aand op 'n dans, daarop Bly-by-my Het ek klein Patrysie beetgekry Ons loop nog so in die pad en fluit Toe ha' pa my sê ek moet huistoe ry Patrys wou ek hê, niks kon my keer Probeer is mos, die beste geweer Al was dit hard, en al was dit seer Ek het wat ek het, maar ek vra niks meer As die son loop lê op sy ander plek Sit mooi Patrys op die uitkykhek Ek zoem om ha' soos 'n heuningby Man, dis lekker om so te kry As die son loop lê op sy ander plek Sit mooi Patrys op die uitkykhek Ek zoem om ha' soos 'n heuningby Ag man, dis lekker om so te kry
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Get up to 2 months free of Apple Music
instagramSharePathic_arrow_out