Lyrics

Daar was geen mure daar in agtste straat Ek onthou die gras was groen Ek en Edzard Raath en 'n rugbybal Kon doen wat ons wou doen My ma was daar voor slaaptyd Haar stem vir my 'n huis In die wêreld van haar arms Wou ek myself toesluit En sy sê Die is jou huis my kind Die is jou huis In die geraas van hierdie strate Sal jy jouself kan kry Die is jou huis (ah oh) Die is jou huis Gee nie om waar jy opeindig (ah oh) 'N Deel van jou sal altyd bly Movies op Dinsdae-aande Hande vashou tot dit sweet Jong liefde wat jou nooit los nie Jakarandas in die reën Oh die mal van tienerjare My pa wat kom rugby kyk En dan praat ons oor my toekoms En ons wonder hoe dit sal lyk En hy sê Die is jou huis my kind Die is jou huis In die geraas van hierdie strate Sal jy jouself kan kry Die is jou huis (ah oh) Die is jou huis Gee nie om waar jy opeindig (ah oh) 'N Deel van jou sal altyd bly Laaste koppies koffie Die lughawe koud en nat Jou toekoms lê nou in 'n ander land Oh dit breek my hart Onthou tog hierdie branders Die Outeniqua-horison Onthou jou land is lief vir jou Waarookal jy nog kom En ons sê Die is jou huis Die is jou huis In die geraas van hierdie strate Het jy jouself gekry Die is jou huis (ah oh) Die is jou huis Gee nie om waar jy opeindig 'N Deel van jou sal altyd bly (oh oh) Die is jou huis (oh oh) Die is jou huis (oh oh) Oh die is jou huis (oh oh oh oh)
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out