Lyrics

My las is swaar maar my luim is lig Daar is moord in my hart en 'n smile op my gesig Die mure blits rooi in my ekstatiese gemoed Die moordkuil in my hart word 'n See van bloed Dit trek my uitmekaar Dit vreet my op van binne Dit vermink my woorde en beroof my van my sinne Bespreek jou kaartjie en suip maar jou wyn Jy sal nooit kan vlug nie Binnekant groei die pyn Ek sal nooit gewoond kan raak om so die heeltyd te smag nie Maar ek weet darem ten minste my brein word nie verkrag nie Dan voel ek die haat in my groei soos 'n kanker Dalk kan ek myself net daaraan probeer anker En vasskop en terugveg ten goede of ten kwade Ek sal vrek op die plek voor ek vra vir genade Spartel met jou kersie As die son ophou skyn Jy sal nooit ontsnap nie Binnekant groei die pyn
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Get up to 2 months free of Apple Music
instagramSharePathic_arrow_out