Die Piesangskille
Almal Gly
Album · Afrikaans · 2023
Dis verfrissend om 'n nuwe groep in die musiekwêreld welkom te heet, boonop met 'n unieke vars klank. Hulle genre en eiesoortige klank noem hulle 'Die Piesangskille'-genre, en met die liedjies op die debuutalbum Almal Gly bly hulle getrou aan die nuwe klank. Die groep kom uit Potch waar Daniël (Francois Marais) en Johan (Balt) studeer. Daniël se gebroke hart was die inspirasie vir die album en 11 liedjies is gebore uit die hartseer. Die liedjies is akoesties en die lirieke weerspieël beslis 'n nuwe wind wat by die talentvolle skrywers en musikante begin het. Jy kom gou agter dat hulle motto deurgaans leef in hulle musiek: "Moenie jouself te ernstig opvat nie en vergeet van wat mense dink". Dit sink diep in en laat mens diep dink so met die luister van elke song.
Get up to 2 months free of Apple Music
instagramSharePathic_arrow_out